Erbium Groep is ‘n hardeware en sagteware ontwikkelings maatskappy geleë in beide Nelspruit en Pretoria.

Ons spesialiseer daarin om innoverende hardeware en sagteware te ontwerp om kliënte se unieke probleme op te los. Erbium Groep diens en herstel ook ‘n verskeidenheid rekenaar -hardeware en -sagteware om te verseker dat u toerusting aanhou werk.

Waarvoor ons staan

Erbium Groep streef daarna om ons produkte en dienste so toeganklik as moontlik te maak en dus plaas ons groot klem om oop standaarde en multiplatform toepassings. Ons ontwikkel dus sagteware versoenbaar met Windows, Linux en MacOS. Erbium Groep werk ook daarna om ons sagteware vry te stel in ten minste twee van Suid Afrika se amptelike tale.

Tuks Tech Launch Pad Wenners

Erbium Groep is een van die top drie maatskappye befonds deur die Universiteit van Pretoria se besigheids inkubator.

Sluit Kieslys