Erbium Groep is ‘n hardeware en sagteware ontwikkelings maatskappy geleë in beide Nelspruit en Pretoria.

Ons spesialiseer daarin om innoverende hardeware en sagteware te ontwerp om kliënte se unieke probleme op te los. Erbium Groep diens en herstel ook ‘n verskeidenheid rekenaar -hardeware en -sagteware om te verseker dat u toerusting aanhou werk.

Erbium Groep dien verder as die handelsnaam vir verskeie ander produkte en dienste wat deur ons navorsing en ontwikkelings span ontwerp word, asook ander dienste wat ons slegs bestuur.

Waarvoor ons staan

Erbium Groep streef daarna om ons produkte en dienste so toeganklik as moontlik te maak en dus plaas ons groot klem om oop standaarde en multiplatform toepassings. Ons ontwikkel dus sagteware versoenbaar met Windows, Linux en MacOS. Erbium Groep werk ook daarna om ons sagteware vry te stel in ten minste twee van Suid Afrika se amptelike tale.

Sluit Kieslys